Kinders Van Die Wind

Kinders Van Die Wind

Ek ken 'n ou, ou liedjie
Van lewenswel en wee
Van lank-vergane skepe in
Die kelders van die see
Die woorde is vergete
En tog, die deuntjie draal
Soos vaag-bekende grepies in
'n Baie ou verhaal
Swerwers sonder rigting
Soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Kinders van die wind
Gesigte, drome, name
Is deur die wind verwaai
En waarheen daardie woorde is
Sou net kind kon raai
Swerwers sonder rigting
Soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Kinders van die wind
Von swerwers sonder rigting
Von soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Kinders van die wind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind
Kinders van die wind

Песен-НИКИ

Загрузка...

Другие песни Juanita Du Plessis

Все песни →

Похожие песни