
My naam is Jakob Klipkop Ek het in die oorlog baklei Maar dis nou alles in die verlede So sê hulle vir my Maar dis nie altyd so maklik Veral hier by Nuwejaar As die crackers so skiet Vang ek net spoke Dis reguit terug na die bar Want ek weet ek sal vir Blikkies daar kry Daar in die verste hoek Ou Blikman het net een arm Die ander een is nog soek Iewers noord van Ondangwa In die dongas en die gras Nou praat my ou maat maar min hierdie dae Hy staar net so in sy glas En Willem die boerseun van Rietfontein Ons hoor hy’t dit kwaai verloor Met dinamiet gaan speel op die plaas En die kardinaal die gaan saam Hy' die ou opstal die lug in geblaas Met al die ou familiefoto’s en al Nou Whitey dit was anders Want dit was daarbo in die bos Maar die engelse luitenant Sy verhaal maak my baie bang Hy 't dit alles gehad Ook die breins en die hart Maar toe die oorlog verby is Het hy himself aan 'n boom opgehang My naam is Jacob Klipkop Maar die naam is vir my gegee Op die infantrieskool in Potchefstroom Baie winters gelede Nou Blikkies en ek ons vra nie veel Maar net dat die mense Vir ons sal uitlos Dan sit ons so vir ure Sonder om iets te sê Maar ons dink hard en ons dink vêr Tot daar… Anderkant die aand se stêr In Owamboland se bos Ja daar in Owamboland se bos…
Песен-НИКИ
Загрузка...
Похожие песни

Бигасс
SODA LUV
Ничего личного
Русский рэп201975,448

Бандана
Платина
РНБ КЛУБ
Русский рэп201859,980

Свадебное путешествие
Александр Буйнов
Острова любви
Русская эстрада199954,906

Каспий жағалауы
Azamat
Поп200134,438

Шпилька-каблучок
Лолита
Анатомия
Русская эстрада201433,308

Девочка 2D
Dead Rave
Singles 15-17
Русский рэп201828,891